Die Potchefstroom Landboukollege is in 1909 as ‘n landbouskool gestig maar het in die afgelope dekade sleg verval en is tans in ‘n haglike en vervalle toestand.

Studente en oud-studente kla dat die instandhouding van die geboue en terrein so ver agter geraak het dat dit ’n onveilige omgewing skep. Van die eens trotse, tradisieryke instelling wat beide topboere en landboutegniese adviseurs opgelei het, is daar geen spoor nie.

Foto’s en verslae van diere wat vermaer is vanweë swak en verkeerde voeding, haglike krale, weiding waar rommel gestort word en dierewelsynspraktyke wat die Dierebeskermingsvereniging na hulle asem sal laat snak, staaf die studente en oud-studente se klagtes.

Die Potchefstroom landboukollege alumni vereeniging is gestig om hulle gewig agter die verandering by die kollege te gooi en om leiding te neem om die kollege ‘n trotse landbou instelling te maak.

Stop die verval deur aan te sluit by ons Alumni vereeniging:

"*" indicates required fields

Naam en Van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wat is in die nuus?

  • Maroela Media: Verdere druk op vervalle landboukollege21 Julie 2022
  • AgriOrbit: Pampoenboere se alumni steun klagtes teen verval21 Julie 2022
  • Landbouweekblad: Verval by landboukollege ‘simptoom van wanbestuur’21 Julie 2022
  • RSG Geldsake: Probleme by Potch landboukollege aangemeld12 Julie 2022
  • Landbouweekblad: Mening: Gryp dringend in om pampoenboere te red8 Julie 2022
  • Farmer’s Weekly: Disrepair of Potch agri college raises alarm8 Julie 2022
  • AgriOrbit: Bedryf vra ingryping by Potchefstroom Landboukollege1 Julie 2022
  • Landbouweekblad: Eens trotse Landboukollege Potchefstroom nou vervalle30 Junie 2022
  • Netwerk24: KYK | Organisasie op oorlogspad oor vervalle kollege29 Junie 2022
  • Parys Gazette: Verval van historiese geboue by Potch Landboukollege dui op swak instandhouding29 Junie 2022
  • Farming Portal: Urgent intervention needed to save Potchefstroom College of Agriculture from collapse28 Junie 2022
  • Potchefstroom Herald: Verval van historiese geboue by Potch Landboukollege dui op swak instandhouding28 Junie 2022
  • Maroela Media: Foto’s: Toestand van Potch-landboukollege skok28 Junie 2022
  • ProAgri: Dringende ingryping nodig om Potchefstroom Landboukollege van ineenstorting te red28 Junie 2022